Testimonials

See what people are saying about our tours!

Full Gospel Church Testamonial

Marinda Conradie

Lewensveranderende toer met past Rykie Steyn

Die ou koortjie, You won’t leave here, like you came, in Jesus’ Name, kom sterk na vore wanneer ek terugdink aan ons Israel-toer in Maart 2010 onder die bekwame leiding van past. Rykie Steyn. Ons het beslis nie dieselfde teruggekom nie.

Van meet af – reeds op die lughawe in Suid-Afrika – was die antisipasie vir GROOT dinge in die Here tasbaar onder die toergangers. Alles het klopdisselboom verloop, en ek het net respek ervaar vir die organisasie en administrasie wat met so ʼn toer gepaardgaan.

Past. Rykie het ons deur ons passe gesit, sodat die lang vlugte, oponthoude en wagtye ook glad verloop het. Hy was gou bekend as “Rykie met sy fluitjie” wat die belhamels en afdwalers tot orde “gefluit” het… En ek het daar vinnig gesien waarom ons helder pette nodig was. As jy nie in een of ander straatjie wou verdwyn nie, het jy jou kappie maar ewe gedweë gedra.

Die pas was straf, en elkeen moes byhou, maar past. Rykie het vir ons ore aangesit. Vandat ons geland het (na twee vlugte en bykans geen slaap nie), het ons getoer, ruïnes en uitgrawings besoek, en eers aand se kant tot rus gekom. En so was dit elke dag – vroeg op, gebus, geloop, getoer, gekyk, laat terug – met past. Rykie vooraan, vars en ʼn onuitputlike bron van Skrifkennis en ʼn verstommende ensiklopedie oor Israel en sy geskiedenis. Sy liefde vir die land is aansteeklik, en blywend.

En het ons kerk gehou! By elke plek gesing, gejubel, gebid – tot in die katolieke kerke die glorie van God deur die dak laat trek. Die plekke kan NOOIT weer dieselfde wees nie. Ons voete was in die Middellandse See, See van Galilea, Dooie See (reuse pret) en in die Jordaanrivier. Ons het geloop waar die profete en Jesus geloop het. Ons het gevat aan dieselfde klip en bome. En ons het met elke dag bietjie verander in onsself.

My hoogtepunte is te veel om te noem, maar een was op die Jesus-boot op die See van Galilea. Daniel Carmel het my in die hemel ingesing. En later in Jerusalem was daar die Tuingraf (waar ek bevoorreg was om Nagmaal te bedien – en meer gehuil as gepraat het). My pa, past Jannie Hough, is nie ‘n emosionele man nie, maar hy sê ‘n mens huil spontaan en onwillekeurig in die graf – dit roer jou blywend want: HE IS NOT THERE; HE IS RISEN!

Ons het gejubel in die Oppersaal, waar ander toergroepe ons oopmond aangestaar het, terwyl past. Rykie “Dis Pinkster in die Hemel” gesing het – met al die versies! Wat ’n belewenis! Die dunamis-krag van die Here het my op ‘n ou Moslem-altaar getref (wat ‘n ironie, maar God laat Hom nie deur afgode bind nie). Ons het fees gehad.

Natuurlik moet mens die “shopping” noem. En daar moes past Rykie tot vir my inkort! Want hy weet na byna 100 toere bietjie beter as ons WAAR mens behoort te shop!

Ons het heeltemal anders teruggekom. Ons lees die Bybel anders, ons sien die plekke anders, en ons ervaar die Here anders. GOD IS GROOT.

Tienie Berrangé

Berig uit Dunamis Tydskrif

Vir baie jare het ons op die Kamp Konferensies na pastoor Rykie Steyn gekyk as die Joodse pastoor, omdat hy altyd oor Israel en die Joodse volk gepraat het. Verlede jaar het ek vir die eerste keer saam met hom na Israel getoer en gesien dat hierdie man ware roeping en bediening van God ontvang het. Na 94 toere deur Israel ken hy die land soos die palm van sy hand. Sy insettinge, vanuit die Woord, asook beskrywing van die geskiedenis van Israel het groot impak op die toerlede gehad. Hulle het ook sy humor en begeleiding van Hebreeuse liedjies terdeë geniet. Al die toerlede was dit eens dat dit die wonderlikste toer was wat hulle ooit meegemaak het. Hulle is geestelik verryk en die Bybel het vir bale nuwe betekenis gekry.

Ek deel graag enkele hoogtepunte oor die Israel bediening van pastoor Rykie Steyn:

Op 10 Julie 1964 lê Pastoor Herby Stein, Joodse pastoor in ons Kerk, sy hande op pastoor Rykie en sonder hom af tot die bediening. Hy bring hom ook in kontak met Shlomo Hizak in Jerusalem wat later vir hom baie beteken het.

Sondagoggend, 2 September 1979 maak die Here hom wakker met hoorbare stem en sê vir hom dat hy Josua 1:6-9 moet lees. Dit was bevestiging dat die Here hom vir Israel bediening geroep het. Die volgende oggend het die Moderator, Pastoor Schimper geskakel en gesê dat hy vir hom werkspermit van die Church of God verkry het om as assistent Pastoor na Jerusalem te gaan. God het vir hom deur oopgemaak.

Saam met die Vriende van Israel in Switserland, Finland en Duitsland skenk hulle $1 miljoen aan die Staat van Israel vir die oprigting van hospitaal vir gestremde Arabiese kinders in Kana in Galilea. Hulle name is in die fondament van hierdie gebou gegraveer op 6 November 1979.

Sy 13e toer na Israel was op 8 Augustus 1984. Hy was toerleier van 204 lede wat grotendeels bymekaar gebring was deur die “Grens Massa Koor” onder leiding van Ralph Weier. Tydens een van die opvoeringe in Jerusalem het hy spesiale plaak van die Departement van Toerisme ontvang. Pastoor Rykie word ook verkies as die Voorsitter van die Christelike Vriende van Misgav Ladach Hospitaal in Jerusalem en begin ywerig te werk om fondse vir die bou van die hospitaal in te samel.

Op 20 Mei 1987 word die Misgav Ladach Hospitaal ingewy en geniet hy die wonderlike voorreg om saam met Israel se Eerste Minister, Yitshak Shamir, Die Staats President, Chaim Hertzog, die Burgermeester van Jerusalem, Teddy Kollek, en baie ander hooggeplaastes in Israel tydens dinee in die King David Hotel in Jerusalem aan tafel te sit.

Hy gebruik sy verlof van die gemeentes wat hy bedien het om die een toer na die ander te reël en ondersteun verskillende welsynsorganisasies is Israel, maar die gesëendste tyd wat hy in Israel beleef het, was toe hy sy eerste Joodse siel vir Jesus kon wen. Hierna het daar hele paar gevolg en het hy ook die voorreg gehad om hele paar Jode in Suid Afrika na Jesus te lei en te doop.

Op sy toere het hy gesien hoe duisende mense se lewens verander word, siele gered, gedoop word met die Heilige Gees en menigte is van ongeneeslike siektes en krankhede genees onder sy bediening. Hy beskou toer na Israel as een van die belangrikste geestelike beleggings wat ‘n mens in sy eie lewe kan maak.

Negatiewe oomblikke? Ja miskien net een wat tydelik gesproke negatief was maar geestelik, positief. Dit was op die toer van 18 Mei 1999. Op 20 Mei ontvang hy die hartseer boodskap dat sy seun vermoor is. Met ‘n gebroke hart het hy die dag die groep op die Via Dolorosa weg gelei en ‘n bietjie van ons Hemelse Vader se smart in sy hart beleef toe Hy moes aanskou hoe Sy enigste gebore Seun, Jesus, die Via Dolorosa gestap het. Toer saam met pastoor Rykie Steyn bly altyd ‘n onvergeetlike belewenis. Sy eggenote het al meer as 60 toere met hom meegemaak. Ons dank die Here vir hierdie baie geseënde bediening en die impak wat dit op mense se lewens het.

Dr. G.C. Horak

"Pastor Rykie Steyn's Centenary"

I was privileged to visit Israel for the twentieth time with Pastor Rykie Steyn during May, 2010. Remarkably, this trip Mev. Grieta Steyn was a grand milestone for Pastor Steyn, in that it was his hundredth trip to Israel as a tour leader. By simply multiplying one hundred tours by the average size of the tour groups that accompanied Pastor Rykie on each tour, it becomes obvious that thousands of individuals enjoyed the privilege of having him as their tour leader.

This outstanding achievement by Pastor Rykie did not pass the Israeli government unnoticed. At a prestigious event arranged by the head of the Jerusalem Centre for Biblical Studies and Research, namely, Brother Shlomo Hizak, the Israeli government expressed their appreciation and congratulations to Pastor Steyn in a commendable way. During this event Pastor Rykie was honoured by receiving "The Freedom of the City of Jerusalem"

A perusal of the program and guest list of the evening reflects, not only the magnitude of this august occasion, but also of the high esteem in which Pastor Rykie is held by the Israeli government. They consider him to be a great ambassador for Israel. This was brought about by Pastor Rykie’s persistence of conducting tours to Israel during times when tourism was much affected by the world’s propaganda against Israel and in a time when people were even prohibited and advised not to visit the country.

What was most impressive was the fact that some of the above and other officials had to cancel important government appointments in order to attend this function, where they expressed their personal appreciation and that of the departments they represented to Pastor Rykie.

In addition to the above, tour groups from 18 countries were also in attendance, including groups from the U.S.A; England; Germany; Holland; Switzerland; Ghana; Japan and South Africa.

Significantly, the fact that this event coincides with the centenary celebration of the Full Gospel Church of God in S.A makes it even more memorable. I believe that this occasion was not only a milestone in the life and ministry of Pastor Steyn but also a memorial that was erected as a signpost in the history of our Church depicting the extent of the vision and the understanding of the great commission.

I consider it an impossible task to fathom or understand to what extent this great servant of God, by means of this special ministry, has impacted and contributed to the spiritual enrichment, uplifting and elation of so many believers.

We pray that God will bestow His richest and choicest blessing upon Pastor Rykie and his dear wife, Sr. Grieta, and that He would strengthen them both spiritually and physically to exercise this wonderful ministry for many years to come, to His glory.